Biltong Den
Biltong en droëwors bo!
Hugo Geldenhuys
“Ons hou van braaivleis, rugby, sokker, droëwors en biltong!” sing Suid-Afrikaners al vir dekades lank.
Altans, dit is wat hulle behoort te sing, geoordeel aan die gewildheid van Biltong Den in die Helderberg en deesdae ook by die Marsh Rose Mall in Grabouw.
Produkte soos biltong, droëwors, barbeque stokkies, chilli-happies en frisbees, het Biltong Den in Grabouwers se harte laat kruip. Sydney McGuinness sê die wildsprodukte is ook baie gewild.
Die Kudu-, Gemsbok- en Springbok-produkte kry ons van Namibië, terwyl die ander in Biltong Den se eie fabrieke gemaak word.
Hy sê sy pa John en sy swaer Dirk Grobler, het Biltong Den in Somerset-Wes begin. Die besigheid het gegroei en die fabriek is opgerig. Tans besit hulle Biltong Den in Somerset-Wes, die Waterfront en Goodwood en behoort die winkel in Grabouw aan Sydney. Hy sê daar is ook soortgelyke winkels in die Paarl, Pinelands en die Mynhardt-Mall.
“Tans bestuur ek die fabriek in Somerset-Wes se besigheidspark en word Biltong Den in Grabouw deur Wendy beman”. Sydney sê Biltong Den is ‘n franchise-besigheid en besit sy pa-hulle die tak en besighede wat vanaf Somerset-Wes bedryf word. “Biltong Den is ‘n bekende Suid-Afrikaanse besigheid met baie winkels en fabrieke in onder andere Johannesburg, George, Oudtshoorn en Somerset-Wes.
Oor die Marsh Rose Mall is Sydney baie opgewonde en sê hy dat Biltong Den selfs beter doen as wat aanvanklik vermoed is.
“Die Grabouwers hou van ons produkte en die diens wat hulle by Wendy kry is uitstekend”. Biltong Den Grabouw is ‘n kiosk in die binneplein van die Marsh Rose Mall. Sydney kan by 083 324 3840 of Susan & Elizabeth by 021 859 1687 geskakel word.
Epos: biltongdensomersetwest@telkomsa.net
Web: www.biltongden.co.za
